VRYDAG, DERDE WEEK VAN DIE JAARKRING II

DIE DEUG VAN HOOP: ‘N HOMILIE OP VRYDAG, DERDE WEEK VAN DIE JAARKRING II

Volgens die Redemptoriste tradisie is hierdie maand die maand van hoop. Hoop is baie belangrik in die lewe van alle christiene, want sonder hoop sal ons nie moeilike tye kan oorleef nie. Die pad van lewe is vol berge en valeie, sonlig en sneeu, winter en sommer, ens. Maar die christen wat die deug van hoop het sal deur alles aan die gang bly.

Die eerste leesing stel ons gedagte na vroeer tye. Dit herinner ons van al die lyding en swaarkry wat ons gehad het in die verlede, al die beledigings, vervolging en openlike bespotting. Deur alles kon ons nog ons besittings met ander mense deel. Hoekom? Omdat ons hoop het; omdat ons geweet het dat ons ‘n besitting het wat beter en blywend is. Hierdie hoop laat one volhard in ons poging om die wil van God te doen. Die hoop word aan ons gegee dat dit sal net ‘n kort, kort tydjie vat, dat die Here sal kom en nie talm nie. Omdat ons glo, sal ons lewe. So se die sendbrief aan die Hebreers. Die beurtpsalms belowe ons dat die heil van die opregtes kom van die Here. So, moenie moeg raak om goed te doen nie. Slegte tyd kan so lank voel maar vir die wat glo, is dit net ‘n rukkie. Wanneer ‘n mens baie siek is en kan nie slaap nie, dan voel die nag baie lank. Maar vir die wat reg voel, blyk dit asof die nag net ‘n paar minute is. So sal die christen slaap wat die deug van hoop het.

In die evangelie vergelyk Jesus die koningkryk van God met ‘n saad wat iemand op die land gesaai het en toe gaan hy slaap. Die saad groei, maar hy weet nie hoe nie. Die aarde bring vanself die graan voort. Maar dit begin eers met ‘n halm, dan aar, dan die vol koringaar. Vir die een wat die saad saai kan die voel asof dit sal nooit groei nie, maar dit is net ‘n kwesie van tyd, en nie so lank nie. Hy het ook die koningkryk van God vergelyk met ‘n mosterdsaadjie. Dit is die kleinste an al die soorte saad, maar dit sal groei en ‘n groot boom word.

Moenie bang wees nie, waaneer dit voel asof die werk wat u doen maak geen verskil nie. Maai net en gaan slaap. Die groei sal kom van die Here. Wanneer u mismoedig voel, wanneer u voel u het moeg gesukkel, wanneer u voel daars geen meer hoop nie, wanneer u voel dit baat niks om meer te doen nie, bid vir die gawe van hoop en weet, dit is net vir ‘n kort, kort tyd. Bid vir die gawe van die deug van hoop en die Here sal wonderwerk in u lewe doen. Saai net, en gaan slaap u. Die Here sal die res voltooi. Moenie bang wees nie.

2 thoughts on “VRYDAG, DERDE WEEK VAN DIE JAARKRING II

  1. Wat n mooi boodskap Dit is spesiaal vir my voor berei Ek het die selfde boodskap vanaand by heilige mis ontvang Dankie vir die hoop ek sal bid vir hoop en gaan slaap Baie dankie Vader Henry

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s