HERDENKING VAN HEILIGE LUCY, MAAGD EN MARTELARES

MOEILIK MAAR MOONTLIK: ‘N HOMILIE OP DIE HERDENKING VAN DIE HEILIGE LUCY, MAAGD EN MARTELARES

Toe ek begin het om oor die presterskap te dink, het ek dit met ‘n paar van my vriende gedeel. Hul eerste reaksie was ‘Hoe kan jy sonder ‘n vrou lewe, sonder kinders, sonder baie geld, en vooi tog, die priester se lewe blyk vervelig’. Dit het my ook bang gemaak, en elke dag het ek voor die ikoon van Onse Liewe Vrou van Altydduurende Bystaan gekniel en gebid, want al het ek geweet dit is moeilik, weet ek ook dit is nie ontmoontlik nie. Dit is moeilik, maar dit is moontlik, deur God se genade.

In die vroer kerk het baie mense die begeerte gekry om hul geloof in ‘n radikale  manier uit te leef. Baie van hulle het hul lewens gegee en hulle was doodgemaak ter wille van Christus, en ons noem hulle martelaars en martelaresse. Tydens die regering van Constantine in die Romeinse Ryk, het hy die Christelike geloof wettig gemaak en van toe af het baie Christiene ander maniere gesoek om hul radikale geloof te beoefen.

Baie van hulle het kluisenaars geword, volgens die voorbeeld van mense soos Johannes die Doper, wie in die woestyn gebly het en sy lewe totaal en al aan gebed, vas, en afsterwing toegewy. Jesus het in vandag se evangelie gese dat Johannes die doper die grootste is van alle mense wat deur vrouens gebore is. Maar Hy het ook bygevoeg dat die geringste van die wat in die koningkryk van God is, is groter as Johannes die Doper. Ons hoef nie in die woestyn gaan bly om heilig te word nie. Maar ons almal moet die moeilike lewe van ‘n Christen aanvaar. Dit sal nie maklik wees nie, maar ons is alles in staat deur God se genade.

Baie mense, soos die Heilige Lucy het ‘n belofte gemaak om maagde te bly tot hul dood toe. Vandag sal baie mense sulke idee uitlag. So, die selibaatheid en die kuisheid van die priester is nie ‘n nuwe konsep nie. Mense soos Johannes die Doper, Elia, Jesus en baie van sy dissipels was nie getroud nie. Ek bewonder die Heilige Lucy, want dit is nie maklik om kuis te bly nie, maar dit is moontlik deur God se genade. En boonop het sy ook deur ‘n marteldood gegaan. Ons word geleer dat daar twee soorte marteldood is. Een is die rooi marteldood, en die ander is die wit marteldood. Die rooi marteldood gebeur as iemand ter wille van die geloof doodgemaak is, en die wit marteldood gebeur wanner iemand ter wille van God kuis bly deur die lewe. Ja, dit is ‘n marteldood, want mense behandel jou soos iemand wat dood is, as jy die besluit neem om lewenslank kuis te bly. In die Heilige Lucy sien ons iemand wat altwee marteldood gekry.

Daar is baie mense wat hul geloof in ‘n radikale manier wil uitleef, en daars baie mense wat alreeds so lewe. Miskien het u besluit om nie kontraseptiewe te gebruik nie. Miskien het u besluit om nooit abosie te pleeg nie. Miskien het u besluit om nooit te lieg om meer geld te maak nie. Miskien het u besluit om maagd te bly totdat u getroud is. Miskien wil u ‘n priester of non word. U kan dalk bang wees oor die moontlikheid daarvan. Lees asseblief vandag se eerste lesing. Die Here noem u ‘n wurm en Hy se ‘Moenie bang wees nie. Ek sal jou bystaan. Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek hou jou aan jou regte hand.’

As u die Here kan vertrou op Sy woord sal u ‘n wonderwerk beleef. Daardie wat ontmoontlik blyk sal nie net moontlik word nie, maar dit sal u ‘n baie gelukkige  mense maak. Mense sal u sien en u jammer kry, maar binne in u sal u nooit ‘n beter lewe ken nie. Wie nie waag nie, wen nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s