THURSDAY, 32ND WEEK IN ORDINARY TIME, YEAR II

ALREEDS, MAAR NOG NIE: ‘N HOMILIE OP DONDERDAG, 32ST WEEK VAN DIE GEWONE TYD, JAAR II

Die lewe van ‘n priester is die lewe van liefde. Alles wat hy doen moet uit ‘n liefdevolle hart uitkom. Ander mense moet deur hom, ‘n voorsmaak van God se koningkryk beleef. Vandag het ons begin om die sendbrief van die Helige Paulus aan Philemon te lees. Philemon was ‘n baie ryk en edelman, en hy het ‘n slaaf genaamd Onesimus gehad. Onesimus het iets verkeerd teen Philemon gedoen en Philemon het hom weg gejaag. Toe gaan Onesimus na die Heilige Paulus toe. Die Heilige Paulus het tyd gevat om met Onesimus te gesels en hy het vir Onesimus ook baie dinge geleer. Toe stuur hy vir Onesimus terug na Paulus met die sendbrief wat ons nou lees.

Die inhoud van die sendbrief was om vir Philemon, om Onesimus onthalwe, te soebat, sodat hy kan Onesimus terugvat. Hy het die sendbrief begin deur om oor Philemon se liefde te praat, want liefde is al wat tel. Om rede van daardieselfde liefde vra hy vir Philemon om Onesimus genadig te wees en vergewe. Hy het vir Philemon verseker dat Onesimus het nou ‘n nuwe mens geword en sal hom nou goed gedra. Hy het ook die gesag van Philemon oor Onesimus erken. Toe belowe hy om te betaal, indien Onesimus iets skuld.

Die heilige Paulus  is ‘n goeie voorbeeld van leierskap, veral vir priesters. Die priester se hart  moet vol liefde wees, net soos die Heilige Paulus se hart vol liefde was. Hy moet medelye teenoor mense het. Die woord ‘medelye’ kan gedeel word na ‘mede’ en ‘ly’. ‘Mede’ word gebruik wanneer ons praat van mede-mense or mede-selebrant, ens. en dit praat daarvan om saam of dieselfde met iemand te wees. ‘Ly’ weet ons in engels is om te ‘suffer’. So, om medelye te he beteken om saam met iemend te wees terwyl hulle ly. Hierdie moet die hart van ‘n priester wees, want dit is die hart van God. Die Heilige Paulus het vir Philemon gesoebat om nie langer vir Onesimus soos ‘n slaaf te behandel nie, maar soos ‘n broer. Die priester se altyd tydens die Heilige Mis ‘Bid broers en susters…’. Dit beteken dat die priester moet almal soos broers en susters beskou. As iemand u broer of suster is, dan word hul pyn ook u pyn en dan kan u praat van medelye.

Jesus in die Evangelie praat oor die koningkryk van God. Hy se die koningkryk van God is al klaar onder ons. Baie mense stel baie belang om te weet wanneer die einde van die wereld sal wees. Jesus se ons moet nie mense volg wat se ‘kyk hier’ of ‘kyk daar’ nie. Die koningkryk van God is nie iets wat hier of daar is nie. Dit is binne in ons. Ons moet nie sit en wag vir eendag wanneer die koningkryk van God sal kom nie. Die koningkryk moet wees ‘Alreeds maar Nog nie’. Alreeds maar nog nie, beteken, terwyl ons vir die koningkryk in sy volheid wag, moet ons ‘n lewe nou skep wat alreeds die koningkryk van God is. Jesus se, die koningkryk sal nie kom totdat die Seun van die Mens deur baie lyding gegaan het en verwerp word deur die mense nie. Waarom? Dis die liefde van God.

Onse liefde vir mekaar moet ons ook laat met ander mense in hul moelike tye wees, net soos die Heilige Paulus met Onesimus was. Deur onse liefde vir mekaar en deur ons medelye, sal ons ‘n lewe op aarde bou, wat alreeds die koningkryk van God is, al is dit nog nie die volheid van die koningkryk van God nie.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s