WOENSDAG VAN DIE 26STE WEEK VAN DIE GEWONE TYD

HOE GROOT IS U!: ‘N HOMILIE OP DIE WOENSDAG VAN DIE 26STE WEEK VAN DIE GEWONE TYD, DEUR VR. IFEANYICHUKWU  NWOKOR, CSSR, BENIN

In baie tale is daar ‘n verskillende mannier om iemand te groet wat ouer is, of wat in ‘n hoe posisie is as hoe om iemand te groet wat jonger is, of dieselfde ouderdom is, of in dieselfde of laer posisie is. By voorbeeld in Afrikaans is daar ‘jy’ en ‘jou’ van informeel is. Dan kry ons ‘u’ en ‘U’ wat formeel is. Maar ek wil iets se oor wat die Engels mense gedoen het en wat die Yoruba mense gedoen het. In die ou Engels was ‘thee’ en ‘thou’ informeel en ‘you’ was formeel. Maar toe die mense die ou bybels vertaal het, het hulle ‘thee’ en ‘thou’ gebruik om God aan te spreek. Maar dit is verkeerd want God gaan ons almal te bowe, en dit is nie rerig nodig om te se nie. Hulle rede was omdat God so lief is vir ons en wil na aan ons wees, moet ons iets gebruik wat ons nie te ver laat voel van God nie. Vandag dink baie mense dat omdat ‘thee’ en ‘thou’ word vir God gebruik, is formeel en ‘you’ is informeel, maar oorspronklik was dit nie so nie. In Yoruba word ‘E’ gebruik vir baie mense of vir een persoon wat ouer is of hoer is in posisie, en ‘O’ word gebruik vir iemand wat jonger of ewe oud is. Die Yoruba mense het besluit om ‘O’ te gebruik om God aan te spreek, maar nie vir dieselfde rede wat die Engelsspreekende mense gegee het nie. Hulle rede is, omdat ‘E’ kan gebruik word vir baie mense, en ons word geleer dat God een mens is maar in daardie een God is daar driee persone, dan, as ons ‘E’ vir God gebruik kan dit die indruk gee dat ons meer as een God aanbied. Dit is ‘n rede wat vir my sin maak. Danksy tog, in Afrikaans word ‘U’ nog gebruik vir God.

In ons eerste leesing hoor ons wat Job vir sy vriende gese het. Sy vriende het baie gese omtrent Job se probleme. Job se vrou het Job gevra om God te vloek, maar hy het nie. Hy begin om te praat hoe groot God is. Hy praat oor die feit dat hy nie die reg het om God te vloek nie. Hy praat oor al die wonders van God se skepping. Hy erken homself as God se skepsel en hy erken die feit dat in vergelyk met God is hy niks waarde nie. Hy dink toe oor die moontlikheid om God aan die hoof te dagvaar. Maar toe se hy weer dat, al doen hy dit, sal God die regter in daardie hoof wees.

Vandag sien ek baie min eerbied in onse kerke. Selfs in die Katolieke kerk waar ons die Heilige Kommunie in die Tabernakel bewaar, kom baie mense in die kerk in en hulle maak groot geraas. Soms, as mense ander kerke besoek, veral vir ‘n begrifnis verloor hulle hul eerbied. Ons maak asof God ons maat or ‘chomie’ is. Miskien het die Engelse mense bydra gemaak aan hierdie saak deur om ‘thee’ en ‘thou’ te gebruik. Maar wat dit ook al is, moet ons soos Job besef dat in vergelyk met God is ons niks. ‘Hoe Groot is U’ sing ons. Voor hom moet ons buig en plat le.

In die Evangeie sien ons baie mense wat Jesus wil volg maar vir die eerste een het hy gese hy moet bereid wees om alles te verloor sodat God alles in sy lewe can wees. Die ander een wil Jesus volg sy pa was meer belangrik. Die ander een wil Jesus volg maar hy wil eers sy mense gaan groet en totsiens se. Wat duidelik is, is die feit dat hierdie mense besef nie hoe groot God is nie. Ander dinge en ander mense was meer belangrik as God. Voor elke heilige mis, vra ek die mense om my nie te groet nie. Die rede is dat mense moet besef dat wanneer ons by die mis kom gaan dit nie oor die priester nie, maar oor Jesus. In vergelyk met hom is ek niemand nie. Baie mense stel meer belang om die priester te groet, maar hulle buig nie voor die tabernakel nie. Al buig hulle, doen hulle dit halfhartig. Daar is ‘n ou tradisie om die hoof ‘n bietjie te buig wanneer die naam van Jesus word gese. Vandag is die naam van Jesus ‘n vloek woord. Een ding wat ons van die Muslims kan leer is hoe hulle kan nie die naam van die Profeet noem sonder om te se ‘vrede wees met hom’ nie. Besef ons nog hoe groot God is?

Job was baie kwaad vir God, maar hy het nie sy eerbied verloor nie. Laat ons van hom leer hoe om eerbiedig voor God te wees. Vandag se kinders het respek vir hulle ouers verloor. Al word kinders so na aan hul ouers om hulle met ‘jy’ te aanspreek, moet hulle dit met respek doen. Soms gebruik hulle die lelike weergawe van ‘djy’. En so begin die disrespek vir ouers. Ek praat nie oor dinders wat groot genoeg is om soos vriende te wees met hul ouers nie. Al volwasse kinders moet nie hul respek verloor nie. Maar as ons nie eerbiedig teenoor God is nie, hoe kan ons ons mede mense respekteer? God is God en ons is mense.SAM_0806.jpg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s